Free Calendar by Brolmo.com   akademie  
 
Hoërskool Ladismith volg die nasionale KABV. Die huidige onderrigstruktuur sien só daarna uit:
  • Grondslagfase
  • Intermediêre Fase
  • Senior Fase
  • VOO-Fase
(Graad R tot 3)
(Graad 4 tot 6)
(Graad 7 tot 9)
(Graad 10 tot 12)

Die anneks is 'n paar jaar gelede in 'n voorskoolse sentrum omskep. Die graad R-klas word onder andere binne die sentrum gehuisves. Die Senior- en VOO-Fase word uitsluitlik deur die hoërskool opvoeders hanteer.

Vakkeuses

Uiteraard is Afrikaans, Engels en LO steeds verpligte vakke. Let Wel: indien 'n leerder Rekeningkunde of Fisiese Wetenskappe wil neem, MOET die leerder suiwer Wiskunde neem. Hierdie reëling is deur die WKOD ingestel. Die volgende vakkeuses kan einde graad 9 gemaak word:

Wiskunde OF Wiskundige Geletterdheid
Rekeningkunde OF Rekenaartoepassingstegnologie
Fisiese Wetenskappe OF Toerisme
Lewenswetenskappe OF Besigheidstudies

LOOM (Leerder- en Opvoeder Ondersteuningsmateriaal)

Die skool beskik oor uitgebreide asook gevorderde toerusting en materiaal. 'n Hoë premie word op tegnologie geplaas en talle lesse inkorporeer e-leer.

  • Rekenaarlaboratoriums (VOO- en Senior Fase, CAMI en KHANYA)
  • Interaktiewe witborde
  • Data-projektors
  • Klankstelsels binne laboratoriums
  • 24-uur ADSL gekabelde sowel as Wi-Fi Internet
  • Twee moderne Minolta fotostaatmasjiene
  • Skeinat-laboratorium
  • Biologie-laboratorium
  • Opvoedkundige tekeninge op buite-mure
  • Klaskamer biblioteke
Die skool gradeer binnekort na optiese vesel ("optical fibre") internet op. Die WKOD het homself in 2015 daartoe verbind om skole in die Wes-Kaap aan optiese vesel netwerke te koppel. Data-oordrag is baie vinniger en sal die voortgaande oorskakeling na e-leer baie vergemaklik.

Alle rekenaarlaboratoriums is lugverkoeld. Die CAMI-laboratorium is in 2017 met twee nuwe lugverkoelers asook 'n nuwe bediener toegerus.

Alle klaskamers beskik oor 'n internetpunt.

Die skool beskik oor die dienste van 'n IT-spesialis wat toevallig deel van die personeel vorm. Raad en/of oplossings is dadelik beskikbaar. Hierdie gerief stel ons in staat om foute vinnig te identifiseer en reg te stel. Omdat ons stelsels permanent gemonitor word, het ons wérklik min probleme.

       
     

 

   
   
   
 
  skoolleuse  
  Ons leuse is Excelsior, 'n Latynse woord. Dit beteken om altyd hoër te streef en om jouself voortdurend te verbeter. Die leuse is soortgelyk aan die Latynse woorde semper altior - altyd hoër.
 
  nss-uitblinkers, 2017
 

Die volgende leerders het uitstekend tydens die afgelope Nasionale Senior-Sertifikaat eksamen presteer. Ons is waarlik trots op hulle!

Jodene Willemse - Eerste Posisie

  Jodene slaag die eksamen met 'n gemiddeld van 73.57%. Sy behaal onderskeidings in Afrikaans (81%) en Toerisme (83%).

Sy beoog om óf vanjaar Bemarking by CPUT te studeer of om in 2019 by NWU aan te sluit.

Baie geluk en alle voorspoed vir die toekoms!

Anrico Adams - Tweede Posisie
 

Anrico slaag die eksamen met 'n gemiddeld van 73.14%. Hy behaal 'n onderskeiding in Engels (80%) asook vier kode 6's.

Anrico se groot droom is om 'n prokureur te word en sy aansoek by UWK was suksesvol.

Baie geluk en alle voorspoed vir die toekoms!

 
  verfraaiingsprojek - foto's

Bootstrap Slider

 
   
 
ontwerp / ontwikkelling / instandhouding:  d EX   |  kopiereg © hoërskool ladismith 2017  |  hosting deur webafrica   
hsladismith@gmail.com tuisblad met vars nuus