Geplaas op 31 Maart 2017, 8:39 | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
En so breek die einde van die kwartaal aan. Baie dankie aan elkeen wat ons skool op sy/haar hart dra en ons ondersteun. Baie geluk aan ons top-5 leerders! U kan 'n pdf-lêer van die uitslae hier aflaai. Die matriekklas het besonders goed presteer en 29 vakonderskeidings (>=80%) is behaal. Saam met u kind se rapport ontvang u die gebruiklike kwartaalbrief. Die buitemuurse rooster verskyn oudergewoonte op die brief - u kan 'n elektroniese kopie hier aflaai. Die skool begin volgende kwartaal op 18 April om 08:00. |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Geplaas op 29 Maart 2017, 8:08 | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Juffrou Carina Olivier verjaar vandag. Juffrou Olivier is die Besigheidstudies-guru en het diep spore in die skool getrap. Graag wil ons vir u baie geluk sê! Baie dankie vir u onbaatsugtige diens en ywer. Mag u nuwe lewensjaar die beste een óóit wees! Ons sien verál uit na pouse... Prost! | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Geplaas op 28 Maart 2017, 16:36 | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Graag wil ons ons medelye aan 'n oud-kollega, mev Marietjie Nel, betoon. Mev Nel was jare lank verbonde aan HSL en het haar suster gister aan die dood afgestaan. Ons bid dat die Here jou en jou familie sal omvou en dra. Mag die volgende teksvers vertroosting bring: Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. - Filippense 4:13 |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Geplaas op 28 Maart 2017, 9:51 | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
![]() |
Boelie-gesprek Twee SAPD-lede van Ladi-smith, AO Cederas en Konst. Salmon, het die graad 1 tot 8 leerders vanoggend toege-spreek. Die onderwerp: boelies. Die letsels wat boelies hul slagoffers toedien, is verál bespreek. Voorbeelde van verskillende boelies is genoem. Die leerders is die kans gegun om sélf oplossings vir boelie-gedrag te gee. |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
'n Kompetisie, waar leerders 'n opstel oor boelies moet skryf, is voorts geloods. Leerders kan hul inskrywings by Spar inhandig. Die wenner sal binnekort bekend gemaak word. Natuurlik is daar pryse op die spel... HIermee ons opregte dank aan die twee geregsdienaars wat hul tyd opgeoffer het. Dankie vir u eerlikheid asook empatie wat u teenoor ons leeders openbaar. |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Geplaas op 27 Maart 2017, 8:47 |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Geplaas op 22 Maart 2017, 11:02 | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
![]() |
Geagte ouers Soos u weet, ervaar die Wes-Kaap tans een van die ergste droogtes in ons onlangse geskiedenis. Alhoewel ons Maandag goeie reën gekry het, is die krisis nog nie verby nie. Juffrou Linda Radyn se graad 5 klas het inisiatief geneem en die volgende projek geloods: elke kind bring daagliks hul huis se |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Graad 5R-Klas met houers vol gryswater | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
gryswater skooltoe. Hierdie water word gebruik om die roosbome te benat. Pragtig, graad 5R! Hiermee wil ons graag 'n beroep op ons gemeenskap doen om water op alle moontlike maniere te probeer bespaar. Die Cape Argus het 'n liedjie versprei wat presies 2:30 lank is. Hiermee wil hul mense aanspoor om slegs 2mins 30s lank te stort. Waarom probeer ons dit nie? Kliek hier vir die link na die youtube-video. En onthou: tel elke druppel, want elke druppel tel! |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Geplaas op 21 Maart 2017, 17:43 | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Geplaas op 16 Maart 2017, 8:21am | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Belangrike kennisgewing - Tussenverkiesing Ons herinner u graag aan die jaarlikse tussenverkiesing vir diens op die Beheer-liggaam. Dit vind vanaand in die skoolsaal plaas. Ons MOET 70 ouers wees vir 'n kworum. Indien u uself vir verkiesing wil beskikbaar stel, meld gerus aan. Ons wil graag stiptelik om 18:00 begin. |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Geplaas op 14 Maart 2017, 8:54am | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Geagte ouers Die toetsreeks begin vandag. Al agt periodes word gevolg waarna die toetse vanaf 11:45 tot 13:30 geskryf word. U kind moet asseblief steeds teen 7am by die skool aanmeld. Voorts het elke leerder die rooster 'n geruime tyd gelede reeds ontvang. Ons herinner u voorts daaraan dat alle buitemuurse aktiwiteite tydens die toetsreeks gestaak word - die fokus is dus voluit op akademie. Die Senior- en VOO-fase se rooster is hier beskikbaar (*.pdf-lêer, 96KB). Geluk aan Riancke Slump wat 'n vierde plek in gewigstoot en 'n sewende plek in diskus tydens die Wes-Kaap Laerskole Atletiekbyeenkoms behaal het. Sy kwalifiseer hiermee vir die SA's. Pragtig!! Ons wens twee HSL-atlete, Gabbi Pheiffer en Patricia Farao, sterkte toe met hul deelname aan die Wes-Kaap Hoërskole Atletiekbyeenkoms hierdie komende naweek. Hul vertrek reeds Donderdag vanaf Riversdal na die Paarl. Ons waarde vir die week is nederigheid. Mnr Jacques le Roux het die waarde op 'n pragtige wyse tydens Maandag se saalbyeenkoms geïllustreer. Met voete plat op die aarde kan die hoogste hoogtes bereik word. Mag u 'n aangename week beleef! |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Geplaas op 6 Maart 2017, 11:57am | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Twee belangrike kennisgewings:
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Geplaas op 1 Maart 2017, 8:38am | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Meneer JD Willemse verjaar vandag. Mnr Willemse het vanjaar by ons aangesluit en is die hoërskool se departmentshoof. Mag u en u gesin vandag asook tydens die nuwe lewensjaar in die besonder geseën word. Baie geluk! | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Geplaas op 28 Februarie 2017, 15:43 | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Ons het die buitemure pas met opvoedkundige sketse laat opkikker - 'n firma in Kaapstad het die teken- en inkleurwerk behartig. Kyk gerus links onder op die webtuiste vir 'n paar voorbeelde. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Geplaas op 27 Februarie 2017, 14:56 | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Goeiemiddag, Ouers! Hiermee word u aan die ouer-opvoeder sosiale aand van komende Woensdag, 1 Maart, herinner. U kind het vandag 'n briefie met die nodige inligting ontvang. Kom sluit van 4pm by ons aan vir 'n Mini-krieket toernooi spesiaal vir die dames. Vanaf ongeveer 6pm sal daar kole beskikbaar wees. Bring 'n vleisie, rooster en tang en kom braai vir en u gesin. Ons sien daarna uit om saam met u te kuier, te gesels en te lag! Onthou: 4pm! Eie rooster, tang & vleis! |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||