OUD-LEERDERS Azelia Morkel, bemarkingsbestuurder by Die Burger (2013 - 2016) en tans verbonde aan VIA TV, was ons hoofmeisie in 2004.
Grethe van der Merwe, musikant en hoofmeisie (2003). Word by die 2017 KKNK vir 'n Kanna vir Beste Musiekproduksie benoem. Voltooi haar tweede vollengte album in April 2017. Deel van a capella groep ALTEmit. Cobus van Coller, Waarnemende Skoolhoof, Hoër Landbouskool, Paarl. Hoofseun in 1994. Johan Ellis, aka Jo Ellis, is 'n hoogs suksesvolle musikant, produksieleier en klank-ingenieur. Hy werk met plaaslike sowél as internasionale kunstenaars. Dr Renier van der Merwe is 'n gesiene chirurg wat in 1993 met 'n A-gemiddeld matrikuleer. Dr Stephan Verreynne behaal sy B.Sc Agric, M.Sc Agric asook sy doktorsgraad voor ouderdom 27. Hy slaag al drie grade cum laude. Hy matrikuleer in 1993 met 'n A-gemiddeld. Dr Hanneli van der Merwe (née Walters) behaal haar doktorsgraad in Wynkunde in 2010. Sy is die skepper van die gewilde tonikum, Barker & Quinn. Haar tonikum se gewildheid het in 2018 tot 'n TV-onderhoud op die SABC-variëteitsprogram, Pasella, gelei. William Barnard, aka Willim Welsyn aka William Welfare is welbekend in musiekkringe. Hy is voorts bekend vir sy WAT-potgooi en is een van Suid-Afrika se beste liedjie-skrywers.
IN MEMORIAM - R.I.V. Zach Smith, Hoofseun, vlieënier en kaptein in die SA-lugmag. Hy en 10 bemanningslede sterf op 5 Desember 2012 tydens 'n vlug
vanaf Waterkloof lugmagbasis onderweg na die Mthatha lughawe. R.I.P., Kaptein Smith.
Edward Dekker (1945 - 2002). Afrikaanse Onderwyser en Adjunkhoof, 1990 tot 2002. Een van die skool se heel bestes. Sterf in 2002 aan komplikasies ná die verwydering van 'n kwaadaardige gewas. Hy word steeds gemis. R.I.V., Meneer. Ons is tans besig om hierdie inligting so volledig moontlik na te vors.
Henya Stander (dogter van twee oud-onderwysers, mnr en mev Riaan Stander), Clive Pretorius, Kobus Fourie (seun van mnr Hendry Fourie), Dieter Van Deventer, André Prins, Ian Aysley, Wilan Botha, Bentley Pieterse, Isak Oosthuizen (seun van oud-musiekonderwyseres, juffrou Henriette Oosthuizen), Pikkie Cilliers, Elmauré Stevens, Marinique Hendriks (17 Desember 2001 - 27 Februarie 2020) |